• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Tuesday, October 13, 2026
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena Dev
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena Dev
No Result
View All Result
Home Nuus

Lojaliteitsprogram dra klantevennote op die hande

Nicolene Smalman, Editor: NWK Arena

nA6jisSco234p by nA6jisSco234p
February 15, 2023
in Nuus
0 0
0
Share on FacebookShare on Twitter

NWK stel die vennootskap met sy klante hoog op prys en het daarom die toppunteverdieners van sy unieke Lojaliteitsprogram tydens ‘n spoggerige erkenningsfunksie bedank. Die geleentheid is die afgelope Vrydag by NWK se opleidingsentrum in Lichtenburg aangebied.

Theo Rabe, groephoof- uitvoerende beampte, het gesê dat daar min maatskappye is wat hul visie uitleef en dat NWK dus erns maak met die vennoot-element van sy visie – “jou dinamiese vennoot in ‘n veranderende besigheidsomgewing”.

“‘n Onderneming kan nie sonder sy klante klaarkom nie en NWK beskou julle daarom onomwonde as vennote in ons besigheid.”

NWK se Lojaliteitsprogram

NWK se Lojaliteitsprogram is in 2017 van stapel gestuur om klante vir hul lojaliteit te bedank en te beloon in die vorm van NWK Beherend-aandele of ‘n krediet teen hul NWK-rekening vir die waarde verdien uit die program. Daar word elke jaar geld aan die program toegeken waarmee ‘n trust dan NWK Beherend-aandele aankoop en dit aan lede oordra. Hierdie program ondersteun dus boonop die aandeleprys.

Daar is reeds 9 323 440 aandele in NWK Beherend aan die Lojaliteitsprogram toegeken en daar word geraam dat die totaal teen einde 2023 op 13 983 440 sal staan.

In 2019 is ‘n aandeel vir R2,70 verhandel. Op R30 April 2020, was die sluitingsprys R5,50 weens die sogenaamde oproltransaksie waarvolgens aandeelhouers in NWK Beperk die keuse gebied is om hul aandeel te verkoop, of indien hulle sou kwalifiseer, hul aandeel te ruil vir ‘n NWK Beherend-aandeel.

“Slegs produsente kan aandeelhouers van NWK Beherend wees en diegene wat nie gekwalifiseer het nie, moes ‘n uitbetaling van ‘n billike waarde kry. Die prys het hierna gedaal, aangesien daar nie genoegsame likiditeit in die mark was nie.”

Hierna het die prys egter aanhou styg en is ‘n groeikoers van 40% sedert 2018 tot 2021 aangeteken. In 2022 is ‘n verdere groei van 21% aangeteken en tot en met 6 Februarie vanjaar, ‘n verdere 25%.

Die totale dividend verklaar sedert 2019 is 187c en teen die sluitingsprys op 6 Februarie van R5,75, kom dit neer op groei van 32,52%.

“Sou jy dus in 2018 aandele gekoop het, sou jou geld nou al verdubbel het. Oorweeg dit dus om meer te belê in NWK, aangesien ons vol vertroue is dat ons nog baie goeie jare gaan hê.”

Wenners

Richard Hobson van Botselo Farming (Pty) Ltd is vir die derde agtereenvolgende jaar die toppunteverdiener en is met ‘n LekkeSlaap-koopbewys ter waarde van R25 000 beloon.

Die ander toptienpunteverdieners is: Marius Nel van M Nel Boerdery, Jaco Botha van Murasie Boerdery (Edms.) Bpk., Rupert Richter van Shomene (Pty) Ltd, Kobus du Preez van Volumart (Pty) Ltd, Louis Meyer van Tommiesrus (Edms.) Bpk., Nardus Steyn, Nico Bouwer van Bouwer Boerdery, Kobus Cordier en David van der Merwe van Mulda Boerdery.

Die toppunteverdieners in die onderskeie produkkategorieë is ook vereer en sluit in:

  • Christo Grobler van Didymus Farming (Pty) Ltd (landbouchemikalieë).
  • Jaco Botha van Murasie Boerdery (Pty) Ltd (landbousaad).
  • Peter Carroll (dieregesondheid en veevoer). Peter is verlede jaar oorlede en sy seuns Mick en Pieter het die prys namens hom ontvang.
  • Nic Keyser van NIC Trailers (boumateriaal en staal).
  • Rupert Richter van Shomene (Pty) Ltd (kunsmis).
  • Giel Steyn van MJ Steyn (brandstof en smeermiddels).
  • Rudolph Loest van Eagles Pride Hatchery (Pty) Ltd (besproeiingstoerusting).
  • Gert Coetzee van Mooiveld Trust (meganisasie).
Lojaliteitsprogram kategorie wenners
Nic Keyser (boumateriaal en staal), Heinrich Krüger, Jacques de Wet, Jaco Botha (landbousaad), Juané du Preez – verteenwoordig Kobus du Preez (meeste punte verdien uit aankope), Gert Coetzee (meganisasie), Rudolph Loest (besproeiingstoerusting), Pieter en Mick Carroll – verteenwoordig Peter Carroll (dieregesondheid en veevoer), Christoff Grobler (landbouchemikalieë) en Theo Rabe.
* Afwesig: Gerrit Nel (beste groei in punte jaar op jaar) en Rupert Richter (kunsmis).

Kobus du Preez se Volumart (Pty) Ltd het die meeste punte uit aankope verdien en GJ Nel (Gerrit Nel) het die beste groei in punte jaar op jaar getoon. Hulle het elkeen NWK Retail-koopbewyse ter waarde van R5 000 ontvang.

Die toppunteverdieners het hul waardering vir die program uitgespreek. “Die Lojaliteitsprogram is ‘n verlengstuk van ons maatskappy en ons besigheid. Hoe meer jy koop, hoe meer kry jy. Dit is baie lekker in vandag se era om ‘n maatskappy te ondersteun en hulle vereer jou. Dit is ‘n bewys dat ons kan hande vat en saam besigheid kan doen.

“Ons leef in ‘n era waar jy enige plek in die wêreld aankope kan maak. Ons bly egter in ‘n boerderygemeenskap waar die een hand die ander was. Ons is dus nader aan mekaar verweef en die Lojaliteitsprogram is ‘n uitstekende manier om vir klante te sê dat ons raakgesien en gewaardeer word,” het Nic Keyser van NIC Trailers gesê.

nA6jisSco234p

nA6jisSco234p

Next Post

February 2023: Agricultural economic report

Recommended

Landbou vandag

January 27, 2025

Koolstof is die sleutel tot volhoubare landbou

January 27, 2025

Hoe om grondverdigting te beperk

January 27, 2025

Gee jou gewasse ’n hupstoot met topbemesting

January 27, 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek
  • Uncategorized

Nuutste/Latest

Landbou vandag

January 27, 2025

Koolstof is die sleutel tot volhoubare landbou

January 27, 2025

Hoe om grondverdigting te beperk

January 27, 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In
No Result
View All Result
  • Home
    • Home – Layout 1
    • Home – Layout 2
    • Home – Layout 3
    • Home – Layout 4
    • Home – Layout 5
  • Home
    • Home – Layout 1
    • Home – Layout 2
    • Home – Layout 3
    • Home – Layout 4
    • Home – Layout 5

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.