• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Tuesday, October 13, 2026
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena Dev
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena Dev
No Result
View All Result
Home Dinamiese vennoot

‘n Nuwe jaar vol onsekerhede wink

Nicolene Smalman, Redakteur: NWK Arena

nA26jisScBo234p by nA26jisScBo234p
January 6, 2021
in Dinamiese vennoot
0 0
0
Share on FacebookShare on Twitter

Gewoonlik roep ‘n mens slegte en negatiewe herinneringe saam met ‘n oujaar vaarwel en gaan jy ‘n nuwe jaar tegemoet op ‘n skoon blaadjie. Nié 2021 nie.

COVID-19 sluip ongenooid by die agterdeur in en ons moet noodgedwonge met hom tango. Dit kan ‘n dans met die dood wees en vir bykans 24 000 Suid-Afrikaners (teen middel Desember 2020) was dit inderdaad die geval.

Dít terwyl diegene in die toerismebedryf ook sou doodbloei weens strande wat moes sluit en massabyeenkomste wat afgelas is weens ‘n tweede vlaag infeksies wat die Wes- en Oos-Kaap, KwaZulu-Natal en Gauteng getref het.

Planne word gekortwiek en die toekoms is duister. Ook in die NWK-stal beplan ons opgewonde aan projekte en geleenthede wat ons aan produsente en aandeelhouers – ons dinamiese vennote – wil bekendstel. Hoe COVID-19 dit gaan beïnvloed, sal net die tyd leer.

2021 gaan ook ‘n beduidende jaar vir die Suid-Afrikaanse politiek wees, met die munisipale verkiesings wat na verwagting in Augustus sal plaasvind. Daar was verlede jaar vuurwerke, met die arrestasie van onder meer die ANC se sekretaris-generaal, Ace Magashule, vir sy beweerde betrokkenheid by korrupsie.

Die debat rondom grondonteiening sonder vergoeding was in 2020 grootliks afgewater weens COVID-19, maar ek glo die ANC gaan hierdie jaar nuwe lewe daarin blaas soos wat hulle gaan probeer stemme werf vir die komende verkiesing.

Ek het nog nooit soveel onsekerhede jeens ‘n nuwe jaar gekoester soos in 2021 nie.

Produsente in NWK se bedieningsgebied gaan 2021 darem op ‘n goeie grondslag binne – kláár geplant en geseën met goeie reën. Die landboubedryf het in 2020 tot die land se ekonomie én gewone landsburgers se redding gekom deurdat produsente onverpoos gewerk het om kos op ons tafels te sit.

Die pessimis (of is dit realis?) in my wéét egter dat ook dít net genade is, wat in ‘n oogwink deur hael of peste verwoes kan word.

Tog leer die Bybel my dat, om my oor hierdie dinge te bekommer, nie my lewe met een dag gaan verleng óf die uitkoms daarvan gaan verander nie. Dat ek my bekommernisse en onsekerhede op Hom moet werp.

So dit is wat ek in 2021 gaan doen. Ek gaan beplan vir môre, maar my nie daaroor kwel nie. Ek gaan my masker dra, my hande ontsmet en my behoeftes met smeking en danksegging aan my hemelse Vader bekendmaak.

My wens vir elke produsent en landsburger is ‘n veilige en gesonde 2021, want 2020 het bewys dat voorspoed soms in die eenvoudige dinge lê wat ons te dikwels as vanselfsprekend aanvaar.

nA26jisScBo234p

nA26jisScBo234p

Next Post

Ent nou in teen slenkdalkoors

Recommended

Landbou vandag

January 27, 2025

Koolstof is die sleutel tot volhoubare landbou

January 27, 2025

Hoe om grondverdigting te beperk

January 27, 2025

Gee jou gewasse ’n hupstoot met topbemesting

January 27, 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek
  • Uncategorized

Nuutste/Latest

Landbou vandag

January 27, 2025

Koolstof is die sleutel tot volhoubare landbou

January 27, 2025

Hoe om grondverdigting te beperk

January 27, 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In
No Result
View All Result
  • Home
    • Home – Layout 1
    • Home – Layout 2
    • Home – Layout 3
    • Home – Layout 4
    • Home – Layout 5
  • Home
    • Home – Layout 1
    • Home – Layout 2
    • Home – Layout 3
    • Home – Layout 4
    • Home – Layout 5

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.