
Hoewel die wenner van Graan SA se Groei vir Goud-kompetisie in die mielie-afdeling in Noordwes nie vanjaar sy hoogste opbrengs ooit behaal het nie, was dit nietemin sy produktiefste oes deurdat hy 27,1 kg graan per millimeter reën kon produseer.
Ten spyte van ân uiters droĂ« en uitdagende 2024, kon Janna du Rand (39) van Mareetsane steeds 9,78 t/ha behaal op die betrokke blok wat vir die Groei vir Goud-kompetisie ingeskryf is. Dit is danksy ân kombinasie van slim bestuurspraktyke, ân goeie kultivar en bowenal, âbewerking hier by Janna se knieĂ« rondâ, wat hy sĂȘ op die kort afstand tussen sy knieĂ« en die grond dui, en dus ân onwrikbare geloof in sy Skepper.
Janna weet dat elke druppel reĂ«n letterlik goud werd is. Meer wisselvallige reĂ«nval, duurder insetmiddels en onvoorspelbare graanmarkte maak dit ân bykans onbegonne taak om vir die beste opbrengs moontlik te plant. Hy klas daarom nou eerder sy lande volgens hul potensiaal en identifiseer in hierdie kategorieĂ« verdere risikoâs soos oordragvog, onkruiddruk, windskade en verspoelings.
Meer kapitaal word dan aan hoĂ« potensiaal lande bestee en minder risikoâs op lae potensiaal grond geneem.
Janna is die vierde generasie op die plase Jakkalsdans en Aldona, en boer saam met sy ouers en een broer. Hy het homself nĂĄ skool eers as ingenieur bekwaam omdat hy graag in staat wou wees om sy eie implemente te ontwerp, wat hy in die boerdery kon aanwend.
Buiten vir die saaikomponent wat hy behartig, doen hy ook kontrakteurbewerkings en stroopwerk vir ander produsente. J&J Boerdery het ook ân beesvertakking wat bestaan uit kommersiĂ«le Limousin-beeste en ân wildkomponent met oornaggeriewe.
In die 2023/2024-seisoen is 950 ha witmielies, 790 ha sonneblom, 450 ha sojabone en 320 ha grondbone geplant. Sowat 150 ha was oorlĂȘlande.
Elke korreltjie grond word bestuur
Met sy terugkeer na die plaas in 2008 het hy daarop gefokus om grond gesondheid te stimuleer en stelselmatig presisieboerdery begin toepas. Dit was vir hom belangrik om ân balans te vind tussen die verkryging van ân opbrengs op belegging terwyl hy steeds aanpasbaar bly vir groei en uitbreiding.
Die gronde waarop Janna plant, is meestal die Avalon-tipe. Die spesifieke blok wat vir die kompetisie ingeskryf is, het ân kleipersentasie van 6% en keerlae van 1,5 m tot 2,5 m diep.
Omdat dit sandgronde is, word bewerkings en materiaal daarop fyn beplan om soveel moontlik skaduwee op die grond te kry, verdamping te bekamp en windskade te verminder. Die materiaal op die lande verhoog ook die wateropname en bekamp die afloop van waardevolle reënwater.
Die lande word nie deur beeste bewei nie. Oesreste word in die grond ingewerk en sand wat maklik op die ry kompakteer, word diep gerip.
Janna maak van wisselbou gebruik en meen dat dit sinvol in die produsent se sakestrategie moet inpas. âDit moet ook as ân primĂȘre gewas versorg en bestuur word, winsgewendheid en produktiwiteit verhoog en nie skade aanrig nie,â verduidelik hy.
Slegs rye word op verskillende dieptes met ân spoorverkeerstelsel gerip om deur verdigtings te skeur, afhangende van die tipe gewas wat geplant word. Lande word skoon gehou met rolstawe, saadvoorbereidingskoffels of deur onkruide met chemie te beveg.
Proewe het groot waarde
Janna pas presisiestuurstelsels toe met RTX en Centerpoint-sein, wat sowat 5 cm to 10 cm akkuraat is op die meeste masjiene. Buiten saad- en kunsmismonitors op planters, gebruik hy ook bykomende vloeibare tenks met elektriese motors vir die toediening van entings en biostimulante in vore.
Hy steun op grondkarteringskaarte en neem monsters wat na verskeie laboratoriums gestuur word. Sodoende word ân korrelasie tussen resultate verkry om aanbevelings so goed as moontlik te kan bestuur.
Die stropers is toegerus met opbrengsmonitors om probleemareas te kan identifiseer. âDaar is egter geen beter inligting as om jou eie proefperseel te skep, jou eie data in te win en gevolgtrekkings te maak volgens jou eie behoeftes en toestande op jou plaas en praktyk nie,â beklemtoon Janna.
âJy kan dan self sin maak van jou spandering, produktiwiteit en sommer nuwe tegnologie op die proef stel, of praktyke, kultivars, bemestings, rywydtes, spuitprogramme en blaarvoeding toets. Praktyke verskil sĂł baie van mekaar dat distriks- of nasionale proewe hoogstens vir jou ân verwysing of vertrekpunt bied om jou eie proefperseel te vestig,â verduidelik hy.
Voor hy ân produk op skaal begin plant, moet dit oor minstens drie jaar in Janna se eie proefstelsel bewys dat dit goed sal aard in die grondtipe en binne sy praktyk.
Pannar staan uit
Janna was juis oortuig van Pannar 5R-891BR se potensiaal danksy proewe hiermee op sy plaas en dit was uiteindelik die kultivar waarmee hy die wen-opbrengs sou behaal. âDit was die vyfde jaar wat ek hierdie produk aangeplant het en dit maak die grootste deel van my witmielie-aanplantings uit. Dit bied konstante produksie in droĂ« Ă©n nat jare.â
Die betrokke blok is tussen 6 en 8 Desember 2023 geplant. Janna plant alle gewasse op rye van 0,91 m met agt-ry planters. Die plantpopulasie was 19 500 plante/ha, met 18 000 plante/ha wat gerealiseer het.
Janna het 82% stikstof (85 kg NH3, oftewel ammoniakgas) 250 mm diep, vier weke voor planttyd, toegedien. Saam met die planter is ân vol plantmengsel van Omnia-kunsmis toegedien. Die opbrengs is in die eerste week van Julie gestroop.
âAs jou strategie werk, dan loop die opbrengs en winsgewendheid hand aan hand, want laer potensiaal lande word meer winsgewend geproduseer en benut sonder ân hoĂ« risiko, terwyl hoĂ«r potensiaal lande vir hul volle potensiaal bewerk word, wat jou daardie hoĂ« opbrengs en winsgewendheid bied.â
Steun op geloof tydens droogte
In die 2023/2024-oesjaar het Janna soggens uit die bed gespring, die gordyne oopgetrek en op sy foon gekyk, ânet om te sien dat die weer wat vandag moes kom, wéér met ân week aangeskuif hetâ. Hy vertel: âDit breek ân mens bietjie vir bietjie af.â
Hy het in hierdie uitdagende tye sterk op sy geloof gesteun. âGod weet waartoe jy in staat is. Hy het ân plan met jou op die grond en stap daagliks saam met jou ân pad.â
Wat vir Janna en sy bure in die sentrale en westelike somer saaigebied toenemend ân probleem raak, is dat die optimale planttyd vir die meeste gewasse tot in Desember aanskuif. âDit het ân groot invloed op die beskikbaarheid van onderdele en slytparte meegebring.â
Hy verduidelik: âDie meeste groot nywerhede sluit in Desember vir ân langer tydperk â die besigste en belangrikste tyd van ons seisoen. Boere het net een kans om hul aanplantings reg te doen en kan nie bekostig om masjinerie vir selfs net sekondes te laat staan nie.
âProdusente het nie noodwendig voldoende kontantvloei om vooraf die nodige onderdele en voorrade te koop nie. Maatskappye skaf ook nie meer oormatig voorraad aan nie omdat dit hulle syfers negatief beĂŻnvloed. Selfs al is landboumaatskappye gedurende vakansietye oop, het hulle dikwels net die voorraad op hulle rakke beskikbaar.â



Jongboere het steun nodig
Janna is oortuig dat Suid-Afrika se produsente van die beste in die wĂȘreld is omdat hulle so aanpasbaar is en op enige plek in die wĂȘreld ân sukses maak van projekte wat hulle aanpak.
âOns boere is egter tans onder geweldige druk. Insetkoste het erg gestyg en algehele verhogings is baie meer as inflasie. Markte het nie in verhouding saam gegroei nie en winsmarges het gevolglik aansienlik verklein.
âTesame met ân verlaging in sekuriteitsteunwaarde op hoĂ«r insette, raak kontantvloei al minder. Al is jou boerdery bedryf sterk, as jy nie dag-tot-dag kontant vloei het nie, kan dit jou kniehalter.â
Dis veral jongboere wat toenemende druk ervaar omdat hulle boerderye nog nie sterk gevestig is met talle vertakkings nie. Hulle sukkel om die mark te betree weens swak sekuriteit op lenings.
Janna was self deel van NWK se Jongboerprogram, wat juis ten doel het om jong toetreders tot die landboubedryf hierin by te staan. âDie projek was van groot waarde vir my deurdat ek toegang kon kry tot landboukundiges en -ekonome, asook graanbemarkers en my finansies kon verbeter deur te leer hoe om spandering en uitgawes te bestuur.
âDit is baie belangrik om sulke jongboerprogramme te hĂȘ om ân geleentheid vir die volgende generasie boere te skep om van ân beginnerboer na ân volwaardige kommersiĂ«le produsent te ontwikkel.â
Bly leer en pas aan
Janna is van mening dat vandag se produsente selfs meer aanpasbaar moet wees. âWeerveranderlikes en duur insette verhoog die produsent se risiko en laat min ruimte vir foute in jou strategie.
âEk het daarom my besigheidspraktyk aangepas deur weg te beweeg van die strategie om vir die hoogste opbrengs moontlik te bemes en sĂł jou oes basies te koop. Ek probeer eerder om volhoubaar te boer deur op kostebesparing te fokus en vog oor te dra, terwyl ek my grondstatus en -vrugbaarheid verhoog.â
Hy glo dat graan oor ân langer tydperk bemark moet word om pryssekuriteit te bewerkstellig. âVoorlopige vooruitskattings vir die komende seisoen se graanmarkte lyk nie baie goed nie, met ân moontlike daling van 35% in die witmielieprys wanneer ons teen Julie 2025 behoort te lewer. Dit plaas winsgewendheid onder hewige druk en het ân wesenlike impak op die finansiering van insette, omdat die risiko verhoog en dit kommer wek oor die produsent se terugbetalingsvermoĂ«.â
Janna woon gereeld boeredae by, waar aspekte soos proewe, graanmarkte en weerneigings toegelig word. âWoon vergaderings van jou boerevereniging by om soveel moontlik inligting oor jou direkte gebied en omliggende omgewing te kry.â
Hy raai ander produsente aan om by hul landboukundiges en -ekonome uit te vind hoe hul uitgawes en praktyke met die bedryf se standaarde vergelyk. âGesels ook met boere buite jou gebied na wie jy opkyk. Win inligting in, verwerk dit, maak dit jou eie en kyk waar dit waarde tot jou boerdery kan voeg.
âân Familieboerdery is ân baie belangrike inligtingsbron. Niemand ken die toestande beter as iemand wat reeds 40 of 50 jaar saam met die plaas kom nie.â
Die Groei vir Goud-wenners is op 25 September 2024 in Johannesburg aangewys.
Ander wenners uit Noordwes:
Stompie Olivier van die Potchefstroomomgewing was die graanopbrengswenner in die sonneblom afdeling met 4,472 t/ha.
PG van Zyl van Schweizer-Reneke was Noordwes se wenner in die sojaboonafdeling met 4,720 t/ha.
Stompie Olivier van die Potchefstroomomgewing was die graanopbrengswenner in die sonneblom afdeling met 4,472 t/ha.
PG van Zyl van Schweizer-Reneke was Noordwes se wenner in die sojaboonafdeling met 4,720 t/ha.