• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Wednesday, April 1, 2026
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena Dev
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena Dev
No Result
View All Result
Home Buitelewe

Bewaringsnuus uit ons kontrei

nA26jisScBo234p by nA26jisScBo234p
November 18, 2024
in Buitelewe
0 0
0
Share on FacebookShare on Twitter

Helde in natuurbewaring

In hierdie uitgawe wil ons graag ’n pluimpie gee aan verskeie instansies wat ure en energie spandeer om die natuurlewe te bewaar. Hulle passie en toewyding verdien erkenning. Besoek gerus die organisasies se Facebook-bladsye om te sien wat hulle so besig hou en waar en hoe jy betrokke kan raak.

Die Owl Rescue Centre in die Hartbeespoort-omgewing is toegewy aan die beskerming van uile, maar sê nooit nee as ’n ander geveerde of vierpotige in nood is nie.
VulPro, die nie-winsgewende aasvoëlbewaringsorganisasie in die Hartbeespoort-omgewing, streef daarna om ’n aasvoëlbewarings­program te hê wat bewustheid oor aasvoëls bevorder.
Nog ’n organisasie wat erkenning vir hul aandeel in natuurbewaring verdien, is die South African Wildlife Rehabilitation Centre (SAWRC). Hierdie rehabilitasiesentrum is gestig om na wees, siek en beseerde wild, wat selfs verkleurmannetjies insluit, om te sien.
Care for Wild Rhino Sanctuary is die wêreld se grootste weesrenoster-reservaat, wat spesialiseer in die redding, rehabilitasie en hervestiging in hul natuurlike habitat asook deurlopende beskerming van hierdie spesie.

Gelukkige eindes

’n Bobbejaan wat op die Lanseria-pad raakgery is, is in Oktober deur die Owl Rescue Centre gerehabiliteer. Die eienaars, Brendan en Danelle Murray, en ’n span weldoeners het verseker dat Mr Beans, soos hy gedoop is, vinnig gerehabiliteer is sodat hy weer by sy trop kon aansluit. Kliek op die skakel en kyk na hierdie suksesverhaal.


Care for Wild Rhino Sanctuary het vroeg in Oktober ’n drie weke oue renosterkalfie in ’n kritieke toestand opgeneem nadat hy deur hiënas aangeval en ernstig gewond is. Die kalfie was teen druktyd steeds in die intensiewe sorg­eenheid, waar die span 24 uur per dag sorg verskaf om hom te stabiliseer en sy beserings te behandel. Alhoewel daar ’n lang herstelpad voorlê, is die goeie nuus dat hy tans goed drink en ’n gesonde eetlus ontwikkel het.

Tags: Nov/Des 2024
nA26jisScBo234p

nA26jisScBo234p

Next Post

Willem se Witdorpers kraai koning

Recommended

Landbou vandag

January 27, 2025

Koolstof is die sleutel tot volhoubare landbou

January 27, 2025

Hoe om grondverdigting te beperk

January 27, 2025

Gee jou gewasse ’n hupstoot met topbemesting

January 27, 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek
  • Uncategorized

Nuutste/Latest

Landbou vandag

January 27, 2025

Koolstof is die sleutel tot volhoubare landbou

January 27, 2025

Hoe om grondverdigting te beperk

January 27, 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In
No Result
View All Result
  • Home
    • Home – Layout 1
    • Home – Layout 2
    • Home – Layout 3
    • Home – Layout 4
    • Home – Layout 5
  • Home
    • Home – Layout 1
    • Home – Layout 2
    • Home – Layout 3
    • Home – Layout 4
    • Home – Layout 5

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.