• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Wednesday, April 1, 2026
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena Dev
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena Dev
No Result
View All Result
Home Dinamiese vennoot

Mielieskenkings help om nood te verlig

Korporatiewe Bemarking en Kommunikasie

nA6jisSco234p by nA6jisSco234p
October 2, 2020
in Dinamiese vennoot
0 0
0
Share on FacebookShare on Twitter

Soos berig is in die vorige uitgawe van Arena het NWK besluit om deel te neem aan die landbousakekamer (Agbiz) en Graan SA se landbouwaardeketting-projek om mense in nood in plattelandse landboukundige gemeenskappe by te staan.

NWK het R150 000 vir dié projek beskikbaar gestel en produsente gevra om asseblief ’n ton of meer graan of oliesade te skenk en só ’n verskil te maak. Deelname aan die projek is natuurlik vrywillig. Skenkings word teen NWK se rekening vir Agri Waardeketting Verligtingsprojek gelewer en gestoor, waarna dit deur Botselo Mills in Delareyville tot mieliemeel verwerk is.

Die Suid-Afrikaanse Vrouefederasie (SAVF) Noordwes het die verspreiding van die mieliemeel onder behoeftige gemeenskappe in NWK se bedieningsgebied in Noordwes hanteer. Die gemeenskappe wat gebaat het by dié projek is Bakerville, Blydeville, Buhrmansdrif, Grasfontein, Graslaagte, Lichtenburg, Mareetsane, Thlabologang en Welverdiend.

Teen einde Augustus is daar reeds meer as 31 ton by NWK se silo’s gelewer. Hiervan is 23,48 ton deur Botselo Mills verwerk na 1 643 sakkies (16,43 ton) mieliemeel waarvan 1 607 sakkies reeds oorhandig is.

NWK bedank al die vrygewige produsente vir hul skenkings wat gehelp het om honger te verlig in 1 144 huishoudings en ook by die volgende ouetehuise: SAVF Lichthuis, SAVF Zeerust, Coligny Najaarsrus, Huis Lou van Wyk Sannieshof, Huis Delareyville, Koster tehuis vir bejaardes, SAVF Kosmos Coligny en SAVF Rodeonhof Swartruggens.

Tags: Sept/Okt 2020
nA6jisSco234p

nA6jisSco234p

Next Post

“Klante is soos familie”

Recommended

Landbou vandag

January 27, 2025

Koolstof is die sleutel tot volhoubare landbou

January 27, 2025

Hoe om grondverdigting te beperk

January 27, 2025

Gee jou gewasse ’n hupstoot met topbemesting

January 27, 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek
  • Uncategorized

Nuutste/Latest

Landbou vandag

January 27, 2025

Koolstof is die sleutel tot volhoubare landbou

January 27, 2025

Hoe om grondverdigting te beperk

January 27, 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In
No Result
View All Result
  • Home
    • Home – Layout 1
    • Home – Layout 2
    • Home – Layout 3
    • Home – Layout 4
    • Home – Layout 5
  • Home
    • Home – Layout 1
    • Home – Layout 2
    • Home – Layout 3
    • Home – Layout 4
    • Home – Layout 5

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.