• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Wednesday, April 1, 2026
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena Dev
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena Dev
No Result
View All Result
Home Buitelewe

Uilsentrum red alles en nog wat

nA26jisScBo234p by nA26jisScBo234p
September 17, 2024
in Buitelewe
0 0
0
Share on FacebookShare on Twitter

Al is die Owl Rescue Centre in die Hartbeespoort-omgewing aanvanklik gestig om uile te red, kon die eienaars, Brendan en Danelle Murray, nog nooit nee sê om in te spring as ’n viervoetige of ander geveerde in nood verkeer het nie. Sommige van die babadiertjies moet gevoed word, wat die span nogal besig hou.

Onthou gerus om ’n bydrae te maak tot die fonds van hierdie verdienstelike organisasie. Hier is ’n paar van die reddingspo­gings van die afgelope twee maande.

’n Nuwe lewe breek deur sy eierdop

Ervaar die wonderwerk van nuwe lewe terwyl ’n aasvoëlkuiken sy reis van eier na die wye wêreld aanpak. VulPro, ’n nie-winsgewende aasvoëlbewaringsorganisasie in die Hartbeespoort-omgewing, het dié spesiale oomblik op Facebook gedeel.

Kliek op die skakel om die wonderwerk te sien, wat ’n bewys is van die sukses van dié organisasie se teelprogram.

Nutsman versorg uilkuiken

Vanjaar het NWK se uil-broeipaar net een enkele kuiken uitgebroei. Dié baba het die gebied verken en in ’n buitewasbak by Hoofkantoor beland. Gelukkig het die kuiken toegelaat dat NWK se nutsman, Peter van Aardt, hom weer veilig terugplaas in die binnehof by sy ouerpaar.

Slange is ook belangrik

Min mense weet dat 16 Julie die spesiale dag is wanneer daar op slangbewustheid gefokus word. Al gril die meeste mense vir slange, speel hulle tog ’n belangrik rol in die ekologie omdat hulle die knaagdierpopulasie beheer en ’n waardevolle voedingsbron vir roofdiere is. Hierdie vyf wenke vir “slangveiligheid” is op Wêreld Slangbewustheid­dag op SA Hunters se webblad gedeel:

  1. Slange val nie mense aan nie, maar sal hulself verdedig as hulle bedreig voel.
  2. Handhaaf sowat 5 m tussen jou en ’n slang om te verhoed dat jy gepik word.
  3. Gebruik ’n flitslig wanneer jy saans buite loop.
  4. Moenie slange doodmaak of probeer hanteer nie.
  5. Laat slegs ’n ervare slanghanteerder toe om ’n slang uit jou huis of tuin te verwyder en in ’n veilige omgewing vry te laat.
Tags: Sep/Okt 2024
nA26jisScBo234p

nA26jisScBo234p

Next Post

Unieke hommeltuig-sleepwa laat NAMPO gons

Recommended

Landbou vandag

January 27, 2025

Koolstof is die sleutel tot volhoubare landbou

January 27, 2025

Hoe om grondverdigting te beperk

January 27, 2025

Gee jou gewasse ’n hupstoot met topbemesting

January 27, 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek
  • Uncategorized

Nuutste/Latest

Landbou vandag

January 27, 2025

Koolstof is die sleutel tot volhoubare landbou

January 27, 2025

Hoe om grondverdigting te beperk

January 27, 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In
No Result
View All Result
  • Home
    • Home – Layout 1
    • Home – Layout 2
    • Home – Layout 3
    • Home – Layout 4
    • Home – Layout 5
  • Home
    • Home – Layout 1
    • Home – Layout 2
    • Home – Layout 3
    • Home – Layout 4
    • Home – Layout 5

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.