• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Thursday, April 2, 2026
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena Dev
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena Dev
No Result
View All Result
Home Nuus

Studiegroepe sit koppe bymekaar

Nicolene Smalman, Redakteur: NWK Arena

nA26jisScBo234p by nA26jisScBo234p
January 30, 2024
in Nuus
0 0
0
Share on FacebookShare on Twitter

Die winsgewendheid van lede van die Delareyville en Kameeldoorn Studiegroepe se boerderye het tydens die vorige produksiejaar afgeneem weens ’n geweldige styging in produksiekoste, asook ’n daling in sommige kommoditeitspryse.

Die studiegroepe het aan die einde van 2023 ’n bestekopname van die afgelope jaar se finansiële prestasies gedoen. Michael van Rooyen, bestuurder van raadgewende dienste by NWK Finansiering, staan dié studiegroepe as landbou-ekonoom by.

Die Delareyville Studiegroep het 14 deelnemende boerderye en hulle jaarafsluiting is op 11 November by Equistay Farm Retreat naby Ottosdal gehou. Hier het Michael die 2022/2023-produksiejaar se tersaaklike inligting vergelyk en bespreek voordat die wenners in die onderskeie afdelings aangewys is.

En die wenners is…

Pieter Breet en sy seun, Christo, van Rust Mouton Boerdery is as die algehele wenners aangewys. Hulle het ’n splinternuwe wisseltrofee ontvang wat deur NWK Graan geborg is. Hulle is ook as die studiegroep se beste graanprodusente gekroon. Schalk Viljoen het met die titel van beste veeprodusent weggestap, terwyl Attie Smook die administratiewe wenner is en André van den Bergh die beste vordering getoon het.

Die Kameeldoorn Studiegroep het elf deelnemende boerderye, waarvan tien finansiële inligting vir ontleding ingedien het. Hulle afsluiting is op 19 Oktober by Wayside Hotel by Mareetsane gehou. Hierdie studiegroep het nie wenners in die onderskeie afdelings aangewys nie, hoewel Michael aan elke boerdery ’n punt toegeken het.

“Boere van beide hierdie studiegroepe het goeie gemiddelde droëlandopbrengste geniet. Die vorige seisoen se oordrag grondvog het beslis hiertoe bygedra, asook doeltreffende bewerkingsmetodes, veral as dit by die bestuur van hierdie grondvog kom,” het Michael gesê.

“Hoewel die deelnemende boerderye goed gevaar het, was die netto boerdery-inkomste en boerderywins per hektaar laer as in die voorafgaande jaar.”

Die hoofdoel van hierdie finansiële studiegroepe is om die afsonderlike vertakkings van die onderskeie boerderye in detail op ’n finansiële basis te ontleed. Die tydperk strek van 1 September die voorafgaande jaar tot 31 Augustus van ’n huidige jaar – dus die produksiejaar.

“Op dié manier kan elke boerdery sy eie vertakkings se doeltreffendheid en winsgewendheid met mekaar vergelyk, asook met dié van ander boere in die studiegroep.

“Hulle leer baie deur die insetkoste per vertakking met dié van hul medeboere te vergelyk. Dit is nie geouditeerde state nie, maar die fokus is eerder op gedetailleerde bestuursinligting,” verduidelik Michael.

“Hierdie finansiële ontleding dien as ’n bestuurshulpmiddel vir boerdery om goed deurdagte besluite te kan neem wanneer daar byvoorbeeld besluite oor die haalbaarheid van ’n vertakking geneem moet word. Meer jare se data help ook om die besluitnemingsproses te vergemaklik, deurdat dit emosie tot ’n groot mate uitskakel.”

  • Boerderye van die Delareyville Studiegroep het ’n gemiddelde reënval van 552 mm ontvang. Die gemiddelde droëlandopbrengste was soos volg: Mielies 6 t/ha, sonneblom 1,87 t/ha, grondbone 1,47 t/ha en sojabone 2,26 t/ha.
  • Boerderye van die Kameeldoorn Studiegroep het ’n gemiddelde reënval van 530 mm aangeteken. Die gemiddelde droëlandopbrengste was soos volg: Mielies 5,93 t/ha, sonneblom 1,52 t/ha, grondbone 1,62 t/ha en sojabone 1,54 t/ha.
Tags: Jan/Feb 2024
nA26jisScBo234p

nA26jisScBo234p

Next Post

Bewaringsnuus uit ons kontrei

Recommended

Landbou vandag

January 27, 2025

Koolstof is die sleutel tot volhoubare landbou

January 27, 2025

Hoe om grondverdigting te beperk

January 27, 2025

Gee jou gewasse ’n hupstoot met topbemesting

January 27, 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek
  • Uncategorized

Nuutste/Latest

Landbou vandag

January 27, 2025

Koolstof is die sleutel tot volhoubare landbou

January 27, 2025

Hoe om grondverdigting te beperk

January 27, 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In
No Result
View All Result
  • Home
    • Home – Layout 1
    • Home – Layout 2
    • Home – Layout 3
    • Home – Layout 4
    • Home – Layout 5
  • Home
    • Home – Layout 1
    • Home – Layout 2
    • Home – Layout 3
    • Home – Layout 4
    • Home – Layout 5

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.