• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Thursday, April 2, 2026
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena Dev
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena Dev
No Result
View All Result
Home Dinamiese vennoot

Dorstige diere kry watertenk

Onder redaksie van Korporatiewe Bemarking en Kommunikasie

nA26jisScBo234p by nA26jisScBo234p
January 30, 2024
in Dinamiese vennoot
0 0
0
Share on FacebookShare on Twitter

Dinamiese vennoot

Lichtenburg Dierewelsyn se waterprobleme is iets van die verlede danksy talle rolspelers, waaronder NWK, wat saamgestaan het om ’n boorgat hier te sink en ’n tenk
op te rig.

Muriel Poole, ’n vrywilliger by dié organisasie, het vertel dat hulle sedert Januarie 2023 ’n ernstige watertekort ervaar het. “Ons moes smeek vir water, maar gelukkig het ondernemings soos OK Foods telkens tot ons redding gekom en water kom aflewer,” het sy gesê.

Die organisasie versorg 45 honde en 55 katte en het water nodig – nie net vir die diere om te gebruik nie, maar ook om hulle komberse te was en hokke skoon te hou. Lichtenburg Dierewelsyn gebruik sowat 1 000 liter water per dag vir dié doeleindes en die situasie het onuithoudbaar geraak.

’n Pleidooi is in die plaaslike koerant, Noordwester, gerig en diereliefhebbers het vinnig gehoor gegee. Pieter van der Hoff, ’n produsent van die Gerdau-omgewing, het water naby aan die dierewelsyn se perseel uitgewys en ’n boorgat is gesink.

NWK het ’n watertenk (5 250 liter) ter waarde van R4 650 geskenk, wat opgerig is om die water in te berg. Agrico het ’n pomp geskenk en geïnstalleer. Die welsyn kan nou selfs te midde van grootskaalse kragonderbrekings, wat Lichtenburg nog gereeld teister, water vir sy werksaamhede aanwend.

“Veral tydens intense hittegolwe, soos wat ons in November en Desember ervaar het, kan ons dalk nog sonder elektrisiteit klaarkom, maar nie sonder water nie,” het Muriel gesê. “Ons is baie dankbaar teenoor almal wat gehelp het om hierdie droom ’n werklikheid te maak.”

Muriel Poole by die stellasie waarop die watertenk geplaas is.
Tags: Jan/Feb 2024
nA26jisScBo234p

nA26jisScBo234p

Next Post

Studiegroepe sit koppe bymekaar

Recommended

Landbou vandag

January 27, 2025

Koolstof is die sleutel tot volhoubare landbou

January 27, 2025

Hoe om grondverdigting te beperk

January 27, 2025

Gee jou gewasse ’n hupstoot met topbemesting

January 27, 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek
  • Uncategorized

Nuutste/Latest

Landbou vandag

January 27, 2025

Koolstof is die sleutel tot volhoubare landbou

January 27, 2025

Hoe om grondverdigting te beperk

January 27, 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In
No Result
View All Result
  • Home
    • Home – Layout 1
    • Home – Layout 2
    • Home – Layout 3
    • Home – Layout 4
    • Home – Layout 5
  • Home
    • Home – Layout 1
    • Home – Layout 2
    • Home – Layout 3
    • Home – Layout 4
    • Home – Layout 5

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.