• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Wednesday, April 1, 2026
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena Dev
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena Dev
No Result
View All Result
Home Nuus

Hoender kraai koning in hierdie resepteboek

Nicolene Smalman, Redakteur: NWK Arena

nA26jisScBo234p by nA26jisScBo234p
December 7, 2023
in Nuus
0 0
0
Share on FacebookShare on Twitter

NWK se eie hoenderpotjiekampioen, Dries van Tonder, se watertandresep is in Henwil se jongste resepteboek opgeneem.

Dié boek is Dinsdag, 5 Desember by ‘n glansgeleentheid by Scott’s Manor in Lichtenburg bekendgestel. Dit word deur verskeie glanspersoonlikhede bemark en opbrengste van die verkoop van die boek gaan aan liefdadigheidsorganisasies waarby hulle betrokke is en ondersteun.

Gaste kon by die boekbekendstelling skouers skuur met die TV-aanbieder en model, Minki van der Westhuizen en krieketlegende, Fanie de Villiers. Jean de Villiers, Victor Matfield, Mark Fish, Akane Simbini en Warren Brosnihan is ook by die boek betrokke.

Die boek bevat pragtige foto’s van die glanspersoonlikhede agter die skerms.

NWK se aandeel

Henwil het NWK in April genader en gevra of hulle ‘n resep tot die boek wil bydra. NWK het dit as ‘n gulde geleentheid vir spanbou binne die maatskappy gesien en ‘n hoenderpotjiekoskompetisie onder personeel geloods.

Dit is op 19 Mei by NWK se opleidingsentrum aangebied en uitgesoekte bestuurslede van NWK, asook Sophia Breet, eienaar van Koffiehuis@NWK, het as beoordelaars opgetree.

Die beoordelaars proe… en besluit dis die wenpot!

Dries (hoof van Finansies by NWK) is as die wenner aangewys. Die beoordelaars was dit eens dat die spek wat by sy pot gevoeg is, die geheime bestanddeel is wat dit ‘n kenmerkende geur en smaak gee.

NWK spog ook met ‘n resep in Henwil se jongste resepteboek.

Hy moes op 27 Julie die pot weer maak in samewerking met die sjef en kosstilis, Amerae Vercueil, wat al 47 resepte in die boek gekoördineer het.

Minki voer ‘n paneelgesprek met die sjef Amerae Vercueil en krieketlegende Fanie de Villiers.

Met die uitsondering van twee nageregte, bevat al die resepte hoender. Van die glanspersoonlikhede het ook disse opgetower waarvan die resepte in die boek ingesluit is.

Of jy op soek is na idees vir ietsie oor die kole, ‘n ligte peuselhappie of ‘n ryk, vullende gereg, hierdie resepteboek sal jou kookvernuf met hoender na nuwe hoogtes neem.

Dit sal binnekort by NWK Retail Lichtenburg teen R300 (+BTW) beskikbaar wees.

Die resepteboek bevat 47 resepte wat jou gesin en gaste se monde sal laat water.
Tags: Nov/Des 2023
nA26jisScBo234p

nA26jisScBo234p

Next Post

Om ja te sê, al lyk dit onmoontlik

Recommended

Landbou vandag

January 27, 2025

Koolstof is die sleutel tot volhoubare landbou

January 27, 2025

Hoe om grondverdigting te beperk

January 27, 2025

Gee jou gewasse ’n hupstoot met topbemesting

January 27, 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek
  • Uncategorized

Nuutste/Latest

Landbou vandag

January 27, 2025

Koolstof is die sleutel tot volhoubare landbou

January 27, 2025

Hoe om grondverdigting te beperk

January 27, 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In
No Result
View All Result
  • Home
    • Home – Layout 1
    • Home – Layout 2
    • Home – Layout 3
    • Home – Layout 4
    • Home – Layout 5
  • Home
    • Home – Layout 1
    • Home – Layout 2
    • Home – Layout 3
    • Home – Layout 4
    • Home – Layout 5

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.