• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Thursday, April 2, 2026
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena Dev
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena Dev
No Result
View All Result
Home Dinamiese vennoot

Dekades se diens by NWK erken en vereer

Nicolene Smalman, Redakteur: NWK Arena

nA26jisScBo234p by nA26jisScBo234p
November 29, 2023
in Dinamiese vennoot
0 0
0
Share on FacebookShare on Twitter

Dinamiese vennoot

Vyftien personeellede by NWK is die afgelope Donderdag vir diens van 35 jaar asook 25 jaar by dié maatskappy vereer.

Leon Venter (Barberspan Silo), Jan Morakabe (NWK Retail Lichtenburg) en Alvin Wilson (Graanverhandeling) het 35 jaar diens aan NWK gewy. Alvin tree ook aan die einde van November af.

Anel Roode (Ondersteuningsdienste), Kurt Niehr (Silo 3 in Lichtenburg), Pienkie Baloyi (Bodenstein Silo), Derik Oberholzer (Finansiering), Chris Smit (Grootpan Silo), Willie Jansen (Derby Silo), Tienie Manders (Risiko- en Besigheidsintelligensie) en David Kgomane (Creations@NWK) is vereer vir 25 jaar se diens aan NWK.

Dennis Coetzee, uitvoerende groepbestuurder van Mensekapitaal by NWK, het hulle by ʼn intieme geleentheid by NWK se opleidingsentrum toegespreek. “Julle het deur dik en dun julle lewens gewy aan die voortgesette groei, innovasie en vooruitgang van ons organisasie,” het hy hulle verwelkom.

“Vandag gaan oor meer as om bloot julle jare van diens te erken, maar ook die lojaliteit, verbintenis en voortdurende strewe wat julle geopenbaar het om ons te help om die vele uitdagings en oorwinnings te navigeer.”

Dennis het gesê dat hulle bydraes, beide professioneel en as individue, die organisasie se kultuur help vorm het. “Dit weg die baan na sukses vir toekomstige werknemers. Deur julle volharding en onwrikbare toewyding, het julle nie net persoonlike sukses behaal nie, maar julle kollegas geïnspireer om hoër te mik.”

Hy het gesê dat NWK elkeen se unieke rol wat hulle tydens hul loopbane vervul het, opreg waardeer. “Deur jarelange diens te vier, erken ons dat ons waardevolste bate ons werknemers is. Mag julle voortgaan om ander met julle toegewydheid, uithouvermoë en bydraes te inspireer.”

Hulle toekennings is deur Pieter Kleingeld, groephoof- finansiële beampte van NWK oorhandig. Benedict Modise (direkteur van ekonomiese ontwikkeling by NWK) het as seremoniemeester opgetree.

Joseph Dintwe (Halfpad Silo, 25 jaar), Jannie Rousseau (Finansiering, 35 jaar) en Elize Labuschagne (Inligtingstegnologie, 35 jaar) was afwesig.

Tags: Nov/Des 2023
nA26jisScBo234p

nA26jisScBo234p

Next Post

November 2023: Agricultural economic report

Recommended

Landbou vandag

January 27, 2025

Koolstof is die sleutel tot volhoubare landbou

January 27, 2025

Hoe om grondverdigting te beperk

January 27, 2025

Gee jou gewasse ’n hupstoot met topbemesting

January 27, 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek
  • Uncategorized

Nuutste/Latest

Landbou vandag

January 27, 2025

Koolstof is die sleutel tot volhoubare landbou

January 27, 2025

Hoe om grondverdigting te beperk

January 27, 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In
No Result
View All Result
  • Home
    • Home – Layout 1
    • Home – Layout 2
    • Home – Layout 3
    • Home – Layout 4
    • Home – Layout 5
  • Home
    • Home – Layout 1
    • Home – Layout 2
    • Home – Layout 3
    • Home – Layout 4
    • Home – Layout 5

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.