• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Wednesday, April 1, 2026
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena Dev
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena Dev
No Result
View All Result
Home Buitelewe

Bewaringsnuus uit ons kontrei

nA26jisScBo234p by nA26jisScBo234p
July 24, 2023
in Buitelewe
0 0
0
Share on FacebookShare on Twitter

Waar kry jy daardie bekkie?

Suid-Afrika het onlangs ’n merkwaardige prosedure op ’n witrugaasvoël (Gyps africanus) uitgevoer. Die snawel van die witrugaasvoëlwyfie, wat ’n bedreigde spesie is, is vergruis nadat sy in Maart vanjaar deur ’n motor getref is. Sy het ook ernstige kopbeserings opgedoen, wat haar regteroog blind gelaat het.

Ná die ongeluk het VulPro, die nie-winsgewende aasvoëlbewarings­organisasie in die Hartbeespoort-omgewing, haar ingeneem. Sy is hier met die hand gevoer aangesien sy toe nie onafhanklik kon vreet nie. Twee po­gings om ’n nagemaakte snawel te pas, het misluk omdat dit losgekom het sodra die aasvoël vleis vreet.

’n Span van die Universiteit van Pretoria (UP) onder leiding van prof Katja Koeppel, ’n veeartsenykundige natuurlewespesialis by UP se Fakulteit Veeartsenykunde op die Onderstepoort-kampus, het toe ’n snawel van ’n dooie aasvoël oorgeplant.

Volgens Kerri Wolter, stigter en uitvoerende hoof van VulPro, het die aasvoël ná die operasie wonderlike vordering getoon en eet sy goed met die nuwe snawel. Die vergruisde snawel, wat van keratien gevorm is, sal aanhou om terug te groei onder die oorplanting – dit sal wel ’n paar jaar neem, waarna die oorgeplante snawel weer afgehaal sal word.

Die aasvoël sal by VulPro aanbly en op ’n deurlopende basis gemonitor word. Vanweë die blinde oog sal sy nie weer in die natuur vrygelaat kan word nie.

Gelukkige sewe

Sewe Temminck-ietermago’s is in Junie tydens spesiale operasies gered en na ’n plek van veiligheid geneem vir behandeling. Ietermago-stropery neem toe en die Johannesburg Wildlife Veterinary Hospital werk onverpoosd daaraan om te verseker dat hierdie gediertes gesond genoeg is om weer vrygelaat te kan word in ’n privaat reservaat. Hulle moedig die publiek aan om hierdie onwettige stropery aan te meld. Dié organisasie behandel inheemse diere gratis en maak slegs staat op die skenkings en ondersteuning van die gemeenskap. Besoek gerus hul Facebook-blad om te kyk na die goeie werk wat hulle verrig.

Spesiale “oes” gevind

Hierdie drie moerasuil-kuikens wat in Junie gedurende oestyd in ’n lusernland by die Losperfontein-gevangenis gered is, het binne ’n week meer as verdubbel in grootte. Daar is bitter min van hierdie bedreigde spesie oor. Dit is dus vir die span van die Owl Rescue Centre in die Hartbeespoort-omgewing wonderlik om hulle te kon red en groot te maak.

Tags: Jul/Aug 2023
nA26jisScBo234p

nA26jisScBo234p

Next Post

Monitor gewasgroei met Presisieboerdery

Recommended

Landbou vandag

January 27, 2025

Koolstof is die sleutel tot volhoubare landbou

January 27, 2025

Hoe om grondverdigting te beperk

January 27, 2025

Gee jou gewasse ’n hupstoot met topbemesting

January 27, 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek
  • Uncategorized

Nuutste/Latest

Landbou vandag

January 27, 2025

Koolstof is die sleutel tot volhoubare landbou

January 27, 2025

Hoe om grondverdigting te beperk

January 27, 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In
No Result
View All Result
  • Home
    • Home – Layout 1
    • Home – Layout 2
    • Home – Layout 3
    • Home – Layout 4
    • Home – Layout 5
  • Home
    • Home – Layout 1
    • Home – Layout 2
    • Home – Layout 3
    • Home – Layout 4
    • Home – Layout 5

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.