• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Wednesday, April 1, 2026
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena Dev
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena Dev
No Result
View All Result
Home Promosie

Vermy lekaanvulling-slaggate hierdie winter

Philip Lee, NUTRI FEEDS

nA26jisScBo234p by nA26jisScBo234p
March 17, 2023
in Promosie
0 0
0
Share on FacebookShare on Twitter

As daar krities gekyk word na die reproduksieprestasie van die meeste kommersiële vleisbeeskuddes in Suid-Afrika, word kommerwekkende tendense opgemerk. Alhoewel ’n speenpersentasie van 85% as algemeen aanvaarbaar beskou word, is dit in werklikheid vir min kuddes ’n realiteit. Voeg daarby die herkonsepsiesyfer op eerstekalfkoeie, wat telkens tot onder 60% daal, en tussenkalfperiodes (TKP’s) van meer as 450 dae, dan moet ons wonder: Waar val die pap op die grond?

Kies die regte produkte

Die ekonomiese aanvulling van weidende diere berus op die bestuur van hulle liggaamskondisie. Die verwantskap tussen reproduksiedoeltreffendheid en liggaamskondisie is duidelik gedokumenteer in verskeie studies. Dit is egter die bestuur in die balans tussen die natuurlike hulpbronaanbod, verlangde produksie-uitset en ekonomiese strategiese aanvulling waar die kruks lê.

Faktore wat ’n nadelige impak op hierdie balans het, verskil van produsent tot produsent, maar algemene oorsigte sluit in: Reaktiewe aanvulling in plaas van proaktiewe aanvulling, waar produsente tipies te laat met strategiese winteraanvul­ling begin en diere reeds heelwat kondisie begin verloor het. Hierdie is baie “duur” kondisie om te herwin. Dieselfde geld vir gevalle waar die winteraanvulling te vroeg onttrek word. Plaaslike winters is tipies langer as wat die persepsie is.

Nog ’n belangrike punt is die verwagting dat as produk A by die buurman goed presteer, dit net so goed op jou plaas sal vaar. Baie produkte het ongelukkig op dié wyse onnodig ’n slegte reputasie ontwikkel. Die feit is egter dat die hulpbronaanbod van plaas tot plaas verskil, asook die produksiedoelwitte, verwagte uitsette en diere se genetiese potensiaal. Dit is dus uiters belangrik om die keuse van produk met die ekonomiese en reproduksiedoelstellings vir jou plaas te belyn.

Met die huidige kosteknyptang moet produsente veral nou waak teen die ou gesegde wat lui: “Goedkoop koop is duur koop.” Daar is talle goedkoop opsies beskikbaar, maar ’n goedkoop opsie kan ongelukkig soms baie duur uitwerk, met sub-optimale diereprestasie ’n paar maande later.

Vergelyk appels met appels en plaas ’n premie op die produkgehalte (die klaar produk en grondstofbronne), tegniese ondersteu­ning en produkinnovasie. In plaas van die rand per sak-som, maak eerder die rand per ruproteïen-som, of die rand per MJ energie-som. Onthou, twee kompeterende produkte kan byvoorbeeld albei 40% ruproteïen bevat, maar kan wesenlike verskille tot gevolg hê as dit kom by gerealiseerde marges per koei of per hektaar.

Nutri Feeds bied pasmaakoplossings vir Suid-Afrikaanse uitdagings. Die Nutri Feeds-winterprodukreeks bied aan die produsent ’n aantal hoë gehalte, kostedoeltreffende aanvullingsopsies, wat deur ’n span wetenskaplikes in samewerking met voedingkundiges geformuleer is, om volhoubare winsgewende diereprestasie te bevorder.

Tags: MRT/APR 2023
nA26jisScBo234p

nA26jisScBo234p

Next Post

Kragkrisis word in groenteprojek omskep

Recommended

Landbou vandag

January 27, 2025

Koolstof is die sleutel tot volhoubare landbou

January 27, 2025

Hoe om grondverdigting te beperk

January 27, 2025

Gee jou gewasse ’n hupstoot met topbemesting

January 27, 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek
  • Uncategorized

Nuutste/Latest

Landbou vandag

January 27, 2025

Koolstof is die sleutel tot volhoubare landbou

January 27, 2025

Hoe om grondverdigting te beperk

January 27, 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In
No Result
View All Result
  • Home
    • Home – Layout 1
    • Home – Layout 2
    • Home – Layout 3
    • Home – Layout 4
    • Home – Layout 5
  • Home
    • Home – Layout 1
    • Home – Layout 2
    • Home – Layout 3
    • Home – Layout 4
    • Home – Layout 5

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.