• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Thursday, April 2, 2026
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena Dev
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena Dev
No Result
View All Result
Home Dinamiese vennoot

Helpende hande maak ons sterk

nA26jisScBo234p by nA26jisScBo234p
March 17, 2023
in Dinamiese vennoot
0 0
0
Share on FacebookShare on Twitter

Dinamiese vennoot

Ek is op Saterdag, 28 Januarie 2023, kaalvoet oor die Drakensberge. Sukkelend, hygend, huilend, met my lewe wat voor my verbygeflits het.

Eintlik het daar ’n splinternuwe paar New Balance-hardlooptekkies aan my voete gepryk en dit was slegs die bulte oor die pad na Boschpoort vanaf Ottosdal, maar ek oordryf nie die “sukkelend, hygend, huilend”-deel nie, ek belowe.

Ek het aangetree vir my tweede Ottosdal Draf & Trap 21,1 km nagwedloop en opnuut besef dat dit eintlik ’n nagmerrie is. Tydens die eerste een wat ek in 2017 voltooi het, het ek twee stresfrakture in my linkervoet opgedoen weens die skuinste van die pad se helling. My geheue is egter kort en ek het vanjaar weer gretig aangetree, heimlik hoopvol dat ek ook dié halfmarathon onder twee ure sou kon kafdraf. Aikôna. Dit was bloedig warm en toe ons om 18:30 wegspring, het die hitte nog vurig uit die teerpad na bo gestyg.

Ek het die wedloop saam met 318 ander atlete aangedurf en ’n goeie begin gehad. Enige gesoute hardloper kan egter getuig: Never judge a run by the first mile. Ná die 5 km-merk, toe die 803 atlete wat die 10 km-wedloop aangedurf het, kon omdraai, het ’n moordende opdraande op my en die res van die halfmarathon-atlete gewag (sien skermgreep van dié klim op Strava hieronder). Dit laat die Twee Oseane-halfmarathon se stywe 2,6 km lange Southern Cross Drive na ’n vulletjie lyk. Ná 7 km moes ek begin loop.

Ná 13 km wou ek ’n saamrygeleentheid saam met wedloopbeamptes wat die paraffienlampies op die roete kom aansteek het, na die eindpunt bedel. Die son het teen daardie tyd al gesak en ek het by ander atlete met kopliggies probeer bly sodat die pad voor my verlig sou wees. Daardie atlete het egter onder my uit gehardloop en ek was alleen in die pikdonker, met net ’n halfvolmaan wat bo my waggehou het.

Ek is erg astigmaties en nagblind. Die lam­pies in die middel van die pad help nie veel nie. Ek was doodbang ek trap in ’n gat. My krag is min, die durf nóg minder en my knie en heupe protesteer. Ek bid. Spreuke 3:6 kry skielik fisies gestalte: “Ken Hom in al jou weë, dan sal Hy jou paaie gelyk maak.”

Dan besef ek daar is nie slaggate nie. Die produsente en hulle werkers het dit mos gevul. Ek praat myself moed in en begin weer hardloop, iewers op ’n stuk pad waar ek niks kan sien nie, en bereik die eindpunt in 02:08:57.

Ek sê opreg dankie aan die produsen­te en hul werkers vir die herstel van die pad. Ek is oortuig julle was instrumente in ons Hemelse Vader se hand om Sy werk te verrig en die omstandighede vir gebruikers van hierdie pad veilig en gerieflik te maak.

Laat dit ons almal ook sommer herinner aan Spreuke 3:27: “Moenie ’n weldaad weerhou van iemand aan wie dit toekom, terwyl dit in jou mag is om dit te bewys, nie.”

Tags: MRT/APR 2023
nA26jisScBo234p

nA26jisScBo234p

Next Post

Vermy lekaanvulling-slaggate hierdie winter

Recommended

Landbou vandag

January 27, 2025

Koolstof is die sleutel tot volhoubare landbou

January 27, 2025

Hoe om grondverdigting te beperk

January 27, 2025

Gee jou gewasse ’n hupstoot met topbemesting

January 27, 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek
  • Uncategorized

Nuutste/Latest

Landbou vandag

January 27, 2025

Koolstof is die sleutel tot volhoubare landbou

January 27, 2025

Hoe om grondverdigting te beperk

January 27, 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In
No Result
View All Result
  • Home
    • Home – Layout 1
    • Home – Layout 2
    • Home – Layout 3
    • Home – Layout 4
    • Home – Layout 5
  • Home
    • Home – Layout 1
    • Home – Layout 2
    • Home – Layout 3
    • Home – Layout 4
    • Home – Layout 5

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.