• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Thursday, April 2, 2026
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena Dev
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena Dev
No Result
View All Result
Home Nuus

Tussentydse finansiële resultate bekendgemaak

Nicolene Smalman, Redakteur: NWK Arena

nA26jisScBo234p by nA26jisScBo234p
December 1, 2022
in Nuus
0 0
0
Share on FacebookShare on Twitter

NWK se direksie en bestuur glimlag breed oor die groep se tussentydse finansiële resultate wat op 1 Desember 2022 bekendgemaak is. Voortgesette gunstige landboutoestande, tesame met ‘n gedrewe groeistrategie, het rekordresultate vir die groep tot gevolg gehad.

Vir die ses maande wat op 31 Oktober 2022 geëindig het, het die groep ‘n inkomste van R2 033 miljoen en ‘n wins van R179 miljoen gerealiseer, vergeleke met ‘n inkomste van R1 637 miljoen en ‘n wins van R154 miljoen in die ooreenstemmende tydperk van die vorige jaar. Die direksie het voorts ‘n dividend van 31 sent per aandeel – R35 miljoen in totaal – vir uitkering aan aandeelhouers verklaar.

NWK Beperk het vroeër hierdie week ‘n kontrak met Louis Dreyfus Company Edms. Bpk. aangegaan waarvolgens NWK die oorblywende 50%-aandeelhouding in Epko – sy sonneblomolieverwerkingsaanleg in Lichtenburg – op 30 April 2023 sal koop, onderhewig aan opskortende voorwaardes wat vervul moet word. Die bedrag vir die 6 700 van die totale 13 400 aandele sal na raming R166 miljoen beloop. Hierdie transaksie bied aan NWK die geleentheid om sy aandeel in die nasionale sonneblomoliemark te vergroot.

Bonormale reënval is van April tot Julie vanjaar gemeet, wat boere se oesproses met ten minste 30 dae vertraag het. Die gehalte van graan en oliesade is negatief deur die uiters nat seisoen geraak. Die leweringsproses van graan by NWK se silo’s is gekompliseer en graderings- en aflaaipermutasies is beduidend geraak as gevolg van ‘n toename in laer grade wat gelewer is.

Graanopbrengste was nietemin beduidend hoër as langtermyn gemiddelde opbrengste, met hoër graan- en oliesaadpryse wat die laer-as-normale graangehalte wat geproduseer is, effens geneutraliseer het.

Hoewel die laat oes en laer graangehalte ‘n negatiewe uitwerking op die besigheid van NWK gaan hê, behoort dit deur groter volumes graan en beter sakevertroue onder graanprodusente geneutraliseer te word.

NWK se direksie en bestuur is positief oor die groep se toekomsvooruitsigte, grootliks danksy langtermynweervoorspellings wat weereens baie positief is vir die somergraan- en oliesadeproduksiegebiede.

Tags: Nov/Des 2022
nA26jisScBo234p

nA26jisScBo234p

Next Post

Presteerders van Delareyville Studiegroep erken

Recommended

Landbou vandag

January 27, 2025

Koolstof is die sleutel tot volhoubare landbou

January 27, 2025

Hoe om grondverdigting te beperk

January 27, 2025

Gee jou gewasse ’n hupstoot met topbemesting

January 27, 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek
  • Uncategorized

Nuutste/Latest

Landbou vandag

January 27, 2025

Koolstof is die sleutel tot volhoubare landbou

January 27, 2025

Hoe om grondverdigting te beperk

January 27, 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In
No Result
View All Result
  • Home
    • Home – Layout 1
    • Home – Layout 2
    • Home – Layout 3
    • Home – Layout 4
    • Home – Layout 5
  • Home
    • Home – Layout 1
    • Home – Layout 2
    • Home – Layout 3
    • Home – Layout 4
    • Home – Layout 5

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.