• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Thursday, April 2, 2026
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena Dev
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena Dev
No Result
View All Result
Home Dinamiese vennoot

Matrieks van 2021 beïndruk met prestasie te midde van inperking

Nicolene Smalman, Redakteur: NWK Arena

nA26jisScBo234p by nA26jisScBo234p
January 27, 2022
in Dinamiese vennoot
0 0
0
Share on FacebookShare on Twitter

Die matrieks van 2021 het twéé jaar van belangrike onderrig te midde van ’n wêreldpandemie en gevolglike inperking voltooi en nietemin die onderskeidings ingepalm.

Toppresterende matrieks van die Ditsobotla-subdistrik is Woensdag tydens ’n spoggeleentheid by Hoërskool Lichtenburg vereer en NWK het hier 21 skootrekenaars, toegerus met die nuutste sagteware, aan die topleerlinge van die 21 toppresterende skole in die distrik oorhandig.

Gr. 11 is ’n belangrike akademiese jaar, aangesien dit nie net leerlinge vir matriek voorberei nie, maar hulle ook meestal met hierdie punte vir universiteitstoelating moet aansoek doen. Noordwes se departement van onderwys was dit eens dat die matrieks van 2021 daarom die bykans onmoontlike vermag het.

NWK se direkteur van ekonomiese ontwikkeling, Benedict Modise, het die matrikulante van 2021 tydens die geleentheid toegespreek. “NWK voel geëerd om intelligente matrikulante soos julle in Ditsobotla te hê. Julle opregtheid, dissipline en voorbereiding het julle hierdie toekennings besorg en ons wens julle geluk. Ons waardeer die toewyding tot julle studies wat julle geopenbaar het.”

Hy het voortgegaan deur te sê dat die provinsie se prestasie ’n weerspieëling van die leerders se veerkragtigheid is. Hulle moes aanpas by nuwe maniere van leer tydens die COVID-19-pandemie wat hulle skoolprogram ontwrig het.

“Die jaar 2021 was nie ’n maklike jaar nie en kontakonderrig kon nie normaal voortgaan nie. Waar ander tou opgegooi het, het julle deurgedruk. Ek weet hierdie mylpaal is een van baie wat die toekoms inhou.”

Hy het benadruk dat NWK talle volhoubare indiensnemingsgeleenthede vir kwalifiserende kandidate het en dat hulle dit in gedagte moet hou wanneer hulle hul tersiêre onderrig aanpak.

Die waarde van NWK se skenking beloop R259 324. Suid-Afrika se oudste landboumaatskappy het in 2013/2014 vir die eerste keer skootrekenaars aan toppresterende matrieks uitgedeel. Sedertdien het 166 van hulle al skootrekenaars ter waarde van meer as R1,5 miljoen ontvang.

Tokollo Mafora van Bophirima High School het gesê dat NWK se skenking van skootrekenaars aan toppresteerders hom aangemoedig het om hard te werk. “My ma is geldelik glad nie in staat om só iets te bekostig nie, so ek het baie hard gewerk met die hoop dat ’n goeie prestasie my ’n skootrekenaar sou besorg.” Hy gaan hierdie jaar met ’n LLB-graad by die Universiteit van Johannesburg begin en wil dit graag met sielkunde kombineer.

Remofilwe Dithejane van Baitshoki Secondary High School wag nog om te hoor of sy keuring het om skakelwese te studeer. Sy is baie dankbaar vir die skootrekenaar en het bygevoeg dat sy hoop om hiermee basiese programme soos Word baas te raak.

Benedict Modise, direkteur van ekonomiese ontwikkeling by NWK, spreek die toppresterende matrieks van 2021 toe.
Tags: Jan/Feb 2022
nA26jisScBo234p

nA26jisScBo234p

Next Post

Die volmaakte skaap, bok of bees is (nog) nie gebore nie

Recommended

Landbou vandag

January 27, 2025

Koolstof is die sleutel tot volhoubare landbou

January 27, 2025

Hoe om grondverdigting te beperk

January 27, 2025

Gee jou gewasse ’n hupstoot met topbemesting

January 27, 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek
  • Uncategorized

Nuutste/Latest

Landbou vandag

January 27, 2025

Koolstof is die sleutel tot volhoubare landbou

January 27, 2025

Hoe om grondverdigting te beperk

January 27, 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In
No Result
View All Result
  • Home
    • Home – Layout 1
    • Home – Layout 2
    • Home – Layout 3
    • Home – Layout 4
    • Home – Layout 5
  • Home
    • Home – Layout 1
    • Home – Layout 2
    • Home – Layout 3
    • Home – Layout 4
    • Home – Layout 5

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.