• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Thursday, April 2, 2026
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena Dev
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena Dev
No Result
View All Result
Home Dinamiese vennoot

Landbouers styg uit bo die pandemie

nA26jisScBo234p by nA26jisScBo234p
November 17, 2021
in Dinamiese vennoot
0 0
0
Share on FacebookShare on Twitter

Dit is altyd ’n voorreg om aan die einde van die jaar met dank te kan terugkyk op ’n geseënde jaar, ondanks al die onsekerhede en uitdagings wat die sake-omgewing en markte in NWK se rigting stuur.

Ten spyte van die COVID-19-pandemie het die landbou­bedryf voortgegaan en kos vir die nasie geproduseer. Landbouers word in sekere kringe opnuut gewaardeer. Dit was ’n uitdaging om ’n balans te vind om personeel, klante, verskaffers en produsente teen die onsigbare en hoogs aansteeklike virus te beskerm en steeds van diens te wees. Ek hoop sekere politici se oë gaan ook oop om die belangrikheid van die landbousektor te erken en weg te doen met die drakoniese wetgewing wat op die landboubedryf van toepassing is.

Ek het vanjaar opnuut besef watter besondere rol mense soos ons lojale aandeelhouers, klante, perso­neel en sakevennote byna daagliks in ons bedryf speel. Elkeen van hierdie belangegroepe lewer sy eie unieke bydrae en daarom sal NWK voortgaan om dit soos ’n kleinood te bewaar.

’n Groot dankie aan die klante, wat NWK met die verskaffing van insetmiddels en die bemarking van hul graan ondersteun en vertrou het. Dankie ook aan die personeel, wat elke situasie met kalmte en wysheid bestuur het om die risiko’s te beperk.

Baie sterkte aan elkeen wat die afgelope jaar ’n geliefde, familielid of vriend verloor het. Ek vertrou dat julle ook in die komende feesgety krag en vertroosting sal ervaar.

My wens is dat elkeen ’n besondere geseënde Kersfees saam met jou gesin sal geniet. Mag 2022 vir jou vrede en voorspoed inhou, met genoeg reën en sonskyn – elkeen op sy tyd.

Groete

Heinrich Krüger

Voorsitter NWK Beperk

Tags: Nov/Des 2021
nA26jisScBo234p

nA26jisScBo234p

Next Post

Tel jou seëninge groot en klein

Recommended

Landbou vandag

January 27, 2025

Koolstof is die sleutel tot volhoubare landbou

January 27, 2025

Hoe om grondverdigting te beperk

January 27, 2025

Gee jou gewasse ’n hupstoot met topbemesting

January 27, 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek
  • Uncategorized

Nuutste/Latest

Landbou vandag

January 27, 2025

Koolstof is die sleutel tot volhoubare landbou

January 27, 2025

Hoe om grondverdigting te beperk

January 27, 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In
No Result
View All Result
  • Home
    • Home – Layout 1
    • Home – Layout 2
    • Home – Layout 3
    • Home – Layout 4
    • Home – Layout 5
  • Home
    • Home – Layout 1
    • Home – Layout 2
    • Home – Layout 3
    • Home – Layout 4
    • Home – Layout 5

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.