• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Thursday, April 2, 2026
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena Dev
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena Dev
No Result
View All Result
Home Nuus

Pryse van landbouchemikalieë gaan bly styg

Nicolene Smalman, Redakteur: NWK Arena

nA26jisScBo234p by nA26jisScBo234p
October 26, 2021
in Nuus
0 0
0
Share on FacebookShare on Twitter

Die tekorte aan landbouchemikalieë en gepaardgaande prysstygings gaan na verwagting tot minstens Maart 2022 duur en daar word gevrees dat winkelrakke teen Desember leeg kan wees.

Produkpryse gaan tot Januarie volgende jaar opwaarts aangepas word en sal tussen 40% en 70% duurder word. Dit is volgens Heinrich Lammerding, besturende direkteur van Villa Crop Protection, een van NWK se verskaffers.

Die probleme word grootliks toegeskryf aan China wat vervaardiging van hierdie produkte verminder in ‘n poging om sy koolstofdioksied-voetspoor te verklein, asook vertraagde lewering en ‘n toename in verskepingskostes.

“Skeepsoperateurs het tans meer skepe op die Stille Oseaan-handelsroete. Dit het tot ‘n noemenswaardige toename in opeenhopings op hierdie roete gelei, wat boonop deur die COVID-19-pandemie en gepaardgaande vertragings vererger is.

“Skepe word gevolglik vanaf ander roetes na die Stille Oseaan-handelsroete herlei om kapasiteit te verhoog. Daar is dus minder skepe beskikbaar om aan ons vraag te voldoen. Landbouchemikalieë word volgens beleid boonop laaste gelaai en verskeep omdat dit ‘n gevaarlik produk is,” het Heinrich verduidelik.

China het onlangs voor die Verenigde Nasies onderneem om sy koolstofdioksied-voetspoor teen 2060 drasties te verminder en vervaardig gevolglik minder van hierdie produkte.

“Die wêreld-landbouchemiese industrie is hoogs afhanklik van produksie uit China en Suid-Afrika is geen uitsondering nie. Fabrieke in areas met ‘n hoë energieverbruik mag nou teen slegs 40% kapasiteit produseer.

“Baie van die noodsaaklike rou materiale word ook bykans eksklusief in China gemyn en vervaardig. Met beperkte voorraad en ‘n toename in aanvraag na hierdie rou materiale, het pryse eksponensieel toegeneem,” het Heinrich bygevoeg.

Só byvoorbeld word geel fosfor vir die produksie van glifosaat, wat hoofsaaklik in onkruiddoders gebruik word, benodig. “Fosfaaterts word in geel fosfaat omskep en dié proses is geweldig energie-intensief. Produksie van geel fosfaat in die Yunnan provinsie in China het met tot 90% verminder en daarom het glifosaat se pryse deur die dak geskiet.”

Volgens Heinrich hou verskaffers hulle produkte terug en verkoop dit aan die hoogste bieër. “Ons is afhanklik van hierdie verskaffers en moet vooraf tot hulle nuwe pryse instem voordat die produkte beskikbaar gestel word.”

Pieter Coetzer, algemene bestuurder van kleinhandelwerksaamhede by NWK Retail, het gesê dat hulle redelik vroeg al van die potensiële probleem bewus geword het danksy Midchem se goeie sakeverhouding met sy verskaffers.

“Ons het na die beste van ons vermoë ons aankope op problematiese produkte vervroeg om beskikbaarheid aan ons klante te verseker.

“Wat die nuwe seisoen betref sal ons die verwikkelinge fyn dophou in ‘n poging ons ons aankope op die mees strategiese tye te doen tot voordeel van ons klante.”

Tags: Sept/Okt 2021
nA26jisScBo234p

nA26jisScBo234p

Next Post

October 2021: Agricultural economic report

Recommended

Landbou vandag

January 27, 2025

Koolstof is die sleutel tot volhoubare landbou

January 27, 2025

Hoe om grondverdigting te beperk

January 27, 2025

Gee jou gewasse ’n hupstoot met topbemesting

January 27, 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek
  • Uncategorized

Nuutste/Latest

Landbou vandag

January 27, 2025

Koolstof is die sleutel tot volhoubare landbou

January 27, 2025

Hoe om grondverdigting te beperk

January 27, 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In
No Result
View All Result
  • Home
    • Home – Layout 1
    • Home – Layout 2
    • Home – Layout 3
    • Home – Layout 4
    • Home – Layout 5
  • Home
    • Home – Layout 1
    • Home – Layout 2
    • Home – Layout 3
    • Home – Layout 4
    • Home – Layout 5

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.