• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Thursday, April 2, 2026
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena Dev
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena Dev
No Result
View All Result
Home Nuus

Wenner van slaglamskou steun reeds vroeg op kruipvoeding

Nicolene Smalman, Redakteur: NWK Arena

nA26jisScBo234p by nA26jisScBo234p
October 8, 2021
in Nuus
0 0
0
Share on FacebookShare on Twitter

Die gehalte van inskrywings vir NWK Retail se Slaglamskou was “uitsonderlik” en die skou self is as die beste wat vanjaar nóg aangebied is, deur beoordelaars beskryf.

Inteendeel, die top 20 plekke het almal ‘n gemiddeld van 95% of hoër behaal en die top 64 plekke ‘n persentasie van 90% of hoër tydens die aan hak beoordeling. Wikus Bouwer van Rapoeli Witdorpers Stoet het met die louere weggestap en is as die algehele kampioen gekroon.

Dit was die tweede NWK Retail Slaglamskou, met ‘n totaal van 148 inskrywings.

Paul Maree van South African Meat Industry (SAMIC) het Dinsdag by Ottosdal Skougronde op die hoef beoordeel.

“Gewigte is goed en die vetverspreiding is goed. Van die lammers moes dalk langer in die krale gestaan het, maar die gemiddeld is baie goed,” was sy kommentaar.

Sy raad aan deelnemers was om die onderskeie rasse wat hulle inskryf, in gedagte te hou. “Rasse verskil. Vleismerino’s byvoorbeeld moet later bemark word. Die gewig mag dalk goed wees, maar nie noodwendig die vet nie.

Wikus was die enkelwenner op hoef, terwyl Boytjie Crispin as die groepwenner aangewys is.

Dirk Zandberg en Albertus du Toit van SAMIC het aan die hak geklassifiseer en beoordeel by Schweizer Reneke se abattoir. Wikus was die enkelwenner met ‘n persentasie van 99,68%, wat Albertus as fantasties beskryf het. Hy was ook die groepwenner met ‘n persentasie van 96,28%.

Wikus, wat reeds twaalf jaar lank aan slaglamskoue deelneem, het sy geheim gedeel: “Ek gee kruippille van dag een af. Ná twee weke gaan die ooie uit, die lammers bly agter en kry kruipvoeding. Hulle word op sowat twee en ‘n half maande gespeen en ontvang dan vol voeding.”

Hy het bygevoeg dat hy uit die staanspoor die gehalte van sy karkasse met beoordelaars bespreek het. “Hulle het my verduidelik waar ek tekort geskiet het en dan het ek ramme gekoop en gekies wat daardie foute sou uitskakel.”

Omdat dorpers geneig is om vinnig te vet te raak, is Wickus se doelwit om ‘n swaarder karkas met die regte vetverhouding aan die mark te lewer. “Ons deel van dié wêreld verkies ‘n swaarder karkas en op die ou end van die dag gaan dit oor rand en sent. Dus, hoe meer vleis, hoe meer wins.”

Hier is die uitslae

ENKEL OP HOEF

  1. Wikus Bouwer
  2. Boytjie Crispin
  3. Wikus Bouwer
  4. Frans Hugo
  5. Jannes Schikerling
Henk Greef, bestuurder van NWK Retail Sannieshof en Theo Rabe, groephoof- uitvoerende beampte van NWK by Wikus (middel) wat ook met die louere weggestap het in die lamkampioen op hoef-kategorie.

GROEP OP HOEF

  1. Boytjie Crispin
  2. Wikus Bouwer
  3. Wikus Bouwer
Henk en Theo saam met Boytjie Crispin (middel), die kampioen groep op hoef.

ENKEL AAN HAAK

  • Wikus Bouwer
  • Jannes Schikerling
  • Cobus Erasmus
Henk wens vir Victor Kruger wat die derde plek behaal het in die enkel aan haak-afdeling geluk.

GROEP AAN HAAK

  • Wikus Bouwer
  • Jannes Schikerling
  • Victor Kruger
Henk en Wikus Bouwer (kampioen groep aan hak) saam met Albertus du Toit van SAMIC.
Tags: Sept/Okt 2021
nA26jisScBo234p

nA26jisScBo234p

Next Post

Only those who reimagine the future, will thrive

Recommended

Landbou vandag

January 27, 2025

Koolstof is die sleutel tot volhoubare landbou

January 27, 2025

Hoe om grondverdigting te beperk

January 27, 2025

Gee jou gewasse ’n hupstoot met topbemesting

January 27, 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek
  • Uncategorized

Nuutste/Latest

Landbou vandag

January 27, 2025

Koolstof is die sleutel tot volhoubare landbou

January 27, 2025

Hoe om grondverdigting te beperk

January 27, 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In
No Result
View All Result
  • Home
    • Home – Layout 1
    • Home – Layout 2
    • Home – Layout 3
    • Home – Layout 4
    • Home – Layout 5
  • Home
    • Home – Layout 1
    • Home – Layout 2
    • Home – Layout 3
    • Home – Layout 4
    • Home – Layout 5

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.