• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Wednesday, April 1, 2026
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena Dev
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena Dev
No Result
View All Result
Home Nuus

NWK en IP Makelaars vat hande

Nicolene Smalman, Redakteur: NWK Arena

nA26jisScBo234p by nA26jisScBo234p
August 6, 2021
in Nuus
0 0
0
Share on FacebookShare on Twitter

NWK het hande gevat met IP Makelaars SA (Edms) Beperk om IP & NWK Makelaars (Edms) Beperk te stig wat innoverende en allesomvattende versekerings- en ander finansiële dienste bied.

Dit volg nadat Suid-Afrika se oudste landboumaatskappy sy aandeel in SENWK (Edms) Beperk, die houermaatskappy van CertiSure Brokers (Edms) (die makelary) Beperk en Univision Broker Services Edms Beperk (die administreerder) verkoop het en hiermee sy gesamentlike vennootskap met Senwes beëindig het.

NWK het intussen ‘n belang bekom in IP Makelaars SA (Edms) Beperk, ‘n gemagtigde finansiële diensteverskaffer, wat in 1987 tot die versekeringsbedryf toegetree het en bekend is as ‘n passievolle onderneming met ervare en hoogs gekwalifiseerde personeel, wat in kumulatiewe jare meer as 113 jaar ervaring in die bedryf het.

Die tradisionele kliëntebasis van NWK, wat gediens was deur CertiSure Lichtenburg, Coligny, Sannieshof, Delareyville, Koster en Zeerust, tesame met die betrokke CertiSure-makelaars en -personeel, is vanaf 1 Julie 2021 deur IP & NWK Makelaars oorgeneem, onder leiding van die ervare IP van der Merwe en Elretha Kock.

Die formele oordrag van kliënte se versekeringsportefeuljes na IP & NWK Makelaars het ook reeds afgeskop.

Klante sal steeds van ‘n wye reeks produkte en dienste van hoogstaande gehalte gebruik kan maak, wat insluit:

  • reis-, korttermyn-, lewens- en oesversekering;
  • boedelbeplanning en -bereddering;
  • mediese fondse;
  • testamente;
  • aftreebeplanning; en
  • beleggings.

“NWK is trots om hande te vat met ‘n dinamiese nuwe sakevennoot in die versekeringsarena. Dit vorm deel van ons fokus op kliëntediens en -tevredenheid en die voortdurende belyning van ons sakebelange hiermee.

“Ons sien uit na die lewering van volgehoue verbeterde en professionele kliëntediens vir ons kliënte (insluitend ons personeel) en aandeelhouers by wyse van hierdie nuwe dinamiese vennootskap,” het Theo Rabe, hoof- uitvoerende beampte van NWK, gesê.

Tags: Jul/Aug 2021
nA26jisScBo234p

nA26jisScBo234p

Next Post

Dogters kan Vrouemaand nou in splinternuwe skoolskoene aandurf

Recommended

Landbou vandag

January 27, 2025

Koolstof is die sleutel tot volhoubare landbou

January 27, 2025

Hoe om grondverdigting te beperk

January 27, 2025

Gee jou gewasse ’n hupstoot met topbemesting

January 27, 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek
  • Uncategorized

Nuutste/Latest

Landbou vandag

January 27, 2025

Koolstof is die sleutel tot volhoubare landbou

January 27, 2025

Hoe om grondverdigting te beperk

January 27, 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In
No Result
View All Result
  • Home
    • Home – Layout 1
    • Home – Layout 2
    • Home – Layout 3
    • Home – Layout 4
    • Home – Layout 5
  • Home
    • Home – Layout 1
    • Home – Layout 2
    • Home – Layout 3
    • Home – Layout 4
    • Home – Layout 5

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.