• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Thursday, April 2, 2026
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena Dev
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena Dev
No Result
View All Result
Home Nuus

Vuurwapenvoorstelle is irrasioneel

Agri SA-persverklaring

nA26jisScBo234p by nA26jisScBo234p
May 25, 2021
in Nuus
0 0
0
Share on FacebookShare on Twitter

Volgens Agri SA is die minister van polisie se konsepvoorstelle om die Wet op die Beheer van Vuurwapens te wysig en selfverdediging as ‘n geldige rede om ‘n vuurwapen te besit, uit te sluit, onverantwoordelik en irrasioneel.

Verdere voorstelle oor die geldigheidsduur van ‘n bevoegdheidsertifikaat en die verdere beperking op die aantal vuurwapens vir geleentheidjag en -sportskiet, is eweneens onaanvaarbaar.

Reg tot selfverdediging

Agri SA sal met insette van sy lede-organisasies kommentaar lewer op die voorgestelde wysigings en, waar nodig, met ander organisasies saamwerk om wysigings tot nadeel van mede-Suid-Afrikaners teë te staan. “Dit is veral die verwydering en miskenning van die universele reg tot selfverdediging wat in die konsepvoorstelle ingesluit is wat met alle mag deur Suid-Afrikaners teëgestaan behoort te word,” sê Uys van der Westhuijzen, voorsitter van Agri SA se Sentrum van Uitnemendheid: Landelike Beveiliging. “Agri SA verwerp dit ten sterkste.”

Indien die voorstel oor selfverdediging deurgevoer word, is dit veral die boerderygemeenskap wat nadelig daardeur geraak sal word omdat hulle in afgeleë gebiede woonagtig is, ver van ‘n naaste polisiestasie. “Hulle is hoofsaaklik op hulself aangewese om hulle teen kriminele te beskerm.”

Die vierde kwartaal se misdaadstatistieke staaf reeds die kwesbaarheid van die landbougemeenskap teen aanvalle, met ‘n styging van 64 gevalle vanaf die 2019/2020-jaar en ‘n toename van vyf moorde vir dieselfde tydperk. “Dié kwesbaarheid en die polisie se onvermoë om die landelikebeveiligingstrategie ten volle te implementeer, met verdere uitstelle van implementeringsdatums vir die strategie, laat die boerderygemeenskap dus kwesbaar om homself teen misdaad te beskerm,” maan Van der Westhuijzen.

Die afskaling in die polisie se begroting vir sigbare polisiëring sal die polisie se vermoë beperk om doeltreffend teen misdaad op te tree. “Die styging in die land se moordsyfer in die vierde kwartaal bevestig net weer die noodsaak vir landsburgers om hulleself te beskerm. Die voorgestelde wysigings aan selfverdediging maak dus verseker nie sin nie!”

Ten slotte

Van der Westhuijzen verseker dat Agri SA en sy lede ten sterkste gekant is teen van die voorgestelde wysigings en dat hy sterk standpunt in sy kommentaar daarteen sal inneem. “Die polisie se onvermoë om sy grondwetlike verantwoordelikheid na te kom om alle Suid-Afrikaners teen misdaad te beskerm, plaas dié verantwoordelikheid op gewone landsburgers. Die verwydering van die reg tot selfverdediging maak dit vir seker nóg makliker vir misdadigers”.

nA26jisScBo234p

nA26jisScBo234p

Next Post

Katte by welsyn lyk of hulle room gekry het ná skenking van NWK

Recommended

Landbou vandag

January 27, 2025

Koolstof is die sleutel tot volhoubare landbou

January 27, 2025

Hoe om grondverdigting te beperk

January 27, 2025

Gee jou gewasse ’n hupstoot met topbemesting

January 27, 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek
  • Uncategorized

Nuutste/Latest

Landbou vandag

January 27, 2025

Koolstof is die sleutel tot volhoubare landbou

January 27, 2025

Hoe om grondverdigting te beperk

January 27, 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In
No Result
View All Result
  • Home
    • Home – Layout 1
    • Home – Layout 2
    • Home – Layout 3
    • Home – Layout 4
    • Home – Layout 5
  • Home
    • Home – Layout 1
    • Home – Layout 2
    • Home – Layout 3
    • Home – Layout 4
    • Home – Layout 5

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.