• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Wednesday, April 1, 2026
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena Dev
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena Dev
No Result
View All Result
Home Dinamiese vennoot

Matrikulante kry tegnologiese hupstoot met nuwe skootrekenaars

Onder redaksie van Korporatiewe Bemarking en Kommunikasie

nA26jisScBo234p by nA26jisScBo234p
March 12, 2021
in Dinamiese vennoot
0 0
0
Share on FacebookShare on Twitter

Die jaar 2020 se matrieks het teen alle verwagtinge besonders goed presteer te midde van ‘n wêreldpandemie wat tot ‘n streng inperking en die sluiting van skole gelei het.

Matrieks is grootliks aanlyn onderrig en moes uitdagings soos ‘n gebrek aan data en tegnologie te bowe kom om hulle matriekeindeksamen te kon aflê. Twintig matrikulante van die 20 toppresterende skole in die Ditsobotla-distrik in Noordwes, sal darem nou toekomstige aanlynonderrig kan omarm met splinternuwe skootrekenaars. NWK het dié rekenaars, toegerus met die nuutste sagteware, ter waarde van R245 557,20 op Donderdag 11 Maart 2021 aan hulle tydens ‘n erkenningsgeleentheid by Hoërskool Lichtenburg se Leon Bantjies-saal oorhandig.

Dit is in samewerking met Noordwes se departement van onderwys, Samuel Nkone (voormalige areabestuurder van die Ditsobotla-subdistrik van Noordwes se departement van onderwys en sportontwikkeling), Afrisam en Lichtenburg Kantoormeubels & Skryfbehoeftes aangebied.

Benedict Modise, direkteur van transformasie by NWK, het leerlinge geluk gewens met hulle akademiese prestasies ondanks moeilike omstandighede. “Soos Aristotle gesê het: ‘die wortels van onderrig is bitter, maar die vrugte is baie soet’.”

Hy het hulle alle sterkte met hulle tersiêre onderrig toegewens en hulle gevra om NWK as toekomstige werkgewer te oorweeg. “Daar is baie geleenthede in ons maatskappy. Kom gesels met ons, sodat ons hierdie vennootskap tot ‘n volgende vlak kan neem. Moet nooit ophou droom nie. Dit gaan nie maklik wees nie, maar uitdagings is daar om benut te word.”

NWK het in 2013/2014 vir die eerste keer skootrekenaars aan toppresterende matrieks uitgedeel. Sedertdien het 145 van hulle al skootrekenaars ter waarde van R1,3 miljoen ontvang.

Monique Roussea, topleerling van Hoërskool Lichtenburg, begin hierdie jaar aktuariële wetenskap by die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus studeer. “Dit is baie opwindend om ‘n skootrekenaar te kry. Dit is beslis ‘n bonus met dié dat alles nou aanlyn is.”

Mmampe Angelina Mahlane, topleerling van Hoërskool Coligny, het gesê dat ‘n skootrekenaar handig te pas sal kom om take te doen en navorsing te doen. Sy pak ‘n graad in sielkunde aan die Universiteit van Pretoria aan.

Kamogelo Prince Lekabe van Kopanelo Secondary School naby Mahikeng, het ook sy dank teenoor NWK betuig vir ‘n nuwe skootrekenaar. “My selfoon het onlangs gebreek, so dit is ‘n welkome geskenk. Nou kan ek navorsing doen vir my graad in onderwys by die Noordwes-Universiteit se Mahikeng-kampus.”

Modise het afgesluit deur te sê dat dit ‘n riem onder die hart is om te weet dat van hierdie toppresteerders boonop die produk is van die Ikataleng-projek. Dit is ‘n opvoedkundige inisiatief wat deur die Noordwes-Universiteit aangebied word en gr.10 tot 12 leerlinge bykomende hulp in vakke soos wiskunde, fisiese wetenskap, rekeningkunde, ekonomie en Engels bied. NWK borg hierdie projek al sedert 2011.

Tags: MRT/APR 2021
nA26jisScBo234p

nA26jisScBo234p

Next Post

Opportunistiese voëls op die grond óf in vlug

Recommended

Landbou vandag

January 27, 2025

Koolstof is die sleutel tot volhoubare landbou

January 27, 2025

Hoe om grondverdigting te beperk

January 27, 2025

Gee jou gewasse ’n hupstoot met topbemesting

January 27, 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek
  • Uncategorized

Nuutste/Latest

Landbou vandag

January 27, 2025

Koolstof is die sleutel tot volhoubare landbou

January 27, 2025

Hoe om grondverdigting te beperk

January 27, 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In
No Result
View All Result
  • Home
    • Home – Layout 1
    • Home – Layout 2
    • Home – Layout 3
    • Home – Layout 4
    • Home – Layout 5
  • Home
    • Home – Layout 1
    • Home – Layout 2
    • Home – Layout 3
    • Home – Layout 4
    • Home – Layout 5

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.