• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Wednesday, April 1, 2026
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena Dev
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena Dev
No Result
View All Result
Home Buitelewe

Voëlnuus uit ons kontrei

Geskryf deur Martiens en Esther du Plessis

nA26jisScBo234p by nA26jisScBo234p
February 3, 2021
in Buitelewe
0 0
0
Share on FacebookShare on Twitter

Birdlife South Africa

Birdlife South Africa het voëlkykers in Suid-Afrika gevra om hul gunstelingvoël te nomineer. Al die nominasies is verwerk en die tien gunstelingvoëls is:

  • Visarend
  • Gewone JanFrederik
  • Visuil
  • Bosloerie
  • Berghaan
  • Gewone troupant
  • Sekretarisvoël
  • Konkoit
  • Breëkoparend
  • Rooiborslaksman

Uit die totaal van 862 voëls wat in Suid-Afrika voorkom, is 351 spesies deur 2 256 persone genomineer. Die naby-wenners was die hoephoep, bruinkopvisvanger, kroonarend, bromvoël, kuifkopvisvanger, knysnaloerie, witkruisarend, baardaasvoël, kuifkophoutkapper, paradysvlieëvanger, witkoluil en die bokmakierie.

BEWARING

Die tweede “aasvoël veilige sone” wat in Suid-Afrika gevestig is, is in noord KwaZulu-Natal opgerig. (Die eerste een is die Tswalu Kalahari Reserve.) Dit word deur Birdlife South Africa georganiseer en het ten doel om groot areas te identifiseer waar aasvoëls gereeld voorkom. Grondeienaars word dan gevra om deel te neem aan die projek deur praktyke te volg wat veilig vir aasvoëls is. Dit behels ‘n protokol waarvolgens onder andere slegs veilige veemiddels gebruik word en karkasse nie vergiftig word nie.

Kontak ons met vars voëlnuus

Produsente wat interessante voëlwaarnemings maak, kan dit na NWK Arena Voëlnuus stuur by mdup@mweb.co.za.

Tags: Jan/Feb 2021
nA26jisScBo234p

nA26jisScBo234p

Next Post

SA nie ‘n mislukte staat, maar op die rand van ‘n fiskale afgrond

Recommended

Landbou vandag

January 27, 2025

Koolstof is die sleutel tot volhoubare landbou

January 27, 2025

Hoe om grondverdigting te beperk

January 27, 2025

Gee jou gewasse ’n hupstoot met topbemesting

January 27, 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek
  • Uncategorized

Nuutste/Latest

Landbou vandag

January 27, 2025

Koolstof is die sleutel tot volhoubare landbou

January 27, 2025

Hoe om grondverdigting te beperk

January 27, 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In
No Result
View All Result
  • Home
    • Home – Layout 1
    • Home – Layout 2
    • Home – Layout 3
    • Home – Layout 4
    • Home – Layout 5
  • Home
    • Home – Layout 1
    • Home – Layout 2
    • Home – Layout 3
    • Home – Layout 4
    • Home – Layout 5

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.