• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Wednesday, April 1, 2026
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena Dev
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena Dev
No Result
View All Result
Home Buitelewe

Stapskoene, tree aan!

nA26jisScBo234p by nA26jisScBo234p
November 19, 2020
in Buitelewe
0 0
0
Share on FacebookShare on Twitter

Neem ’n heerlike blaaskans in die buitelug en pak ’n staproete aan. Dit is nie net goeie oefening nie, maar ook ’n wonderlike geleentheid om op ’n ander manier saam met familie en vriende te kuier.

Beplan jou treë

In sy boek, Hiking Trails of South Africa, deel Willie Olivier raad oor hoe om ’n staproete aan te pak. Soos met ander vakansies, vorm beplanning ’n groot deel van die sukses van só ’n uitstappie. Hier is tien van sy wenke:

  1. Moet nooit ’n staproete op jou eie aanpak nie.
  2. Skaf ’n paar ordentlike stapskoene aan. Vir ’n dagroete is ligte stewels voldoende.
  3. Neem ten minste 2 liter water per persoon saam.
  4. Smeer sonskerm aan en dra ’n hoed.
  5. Kies ’n roete wat pas by jou groep se fiksheid.
  6. Gebruik ’n kaart van die roete of stap saam met iemand wat die roete goed ken.
  7. Dui die staproete op ’n kaart aan en los dié kaart oop op jou motor se paneelbord sodat ’n potensiële soekgeselskap weet waar om te begin soek indien nodig.
  8. Maak vooraf seker of ’n permit benodig word of nie.
  9. ’n Rugsak met ’n opgestopte rugkant en opgestopte skouerbande gaan die las ligter maak. ’n Band wat om die middel vasmaak, sal help dat die sak stewig sit wanneer jy iewers moet opklouter.
  10. Ontsmettingsmiddel en pleisters is noodsaaklik. Behandel blase dadelik. As dit voel of ’n blaas wil begin vorm, sit watte en ’n sinkoksiedpleister daarop. As die blaas reeds gevorm het, steek dit stukkend met ’n skoon naald, druk die vloeistof uit, ontsmet dit en sit watte en ’n sinkoksiedpleister op.

Kort staproetes in SA

  • Die Krokodilrivier-staproete aan die suidelike punt van die Nasionale Krugerwildtuin is een van die beste plekke om die Groot 5, asook ander wilde diere, te gewaar.
  • Met die opwindende en maklike Injisuthi Battle Cave-staproete in die Drakensberge – wat ongeveer vyf ure neem – kan stappers die rotskuns op groot sandstene sien. Omdat die grot omhein is, moet ’n gemeenskapsgids saam stap om die rots van nader te bekyk.
  • Die gewilde Leeukop-staproete in Kaapstad is gesinsvriendelik. As jy dit vroegoggend aanpak, kan jy die ongelooflike sonsopkoms oor die Moederstad beleef.

Bronnelys

https://www.lekkeslaap.co.za/lekkeslaap-blog/5-kort-staproetes

nA26jisScBo234p

nA26jisScBo234p

Next Post

Genoeg is genoeg

Recommended

Landbou vandag

January 27, 2025

Koolstof is die sleutel tot volhoubare landbou

January 27, 2025

Hoe om grondverdigting te beperk

January 27, 2025

Gee jou gewasse ’n hupstoot met topbemesting

January 27, 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek
  • Uncategorized

Nuutste/Latest

Landbou vandag

January 27, 2025

Koolstof is die sleutel tot volhoubare landbou

January 27, 2025

Hoe om grondverdigting te beperk

January 27, 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In
No Result
View All Result
  • Home
    • Home – Layout 1
    • Home – Layout 2
    • Home – Layout 3
    • Home – Layout 4
    • Home – Layout 5
  • Home
    • Home – Layout 1
    • Home – Layout 2
    • Home – Layout 3
    • Home – Layout 4
    • Home – Layout 5

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.